Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SARL-NUUS SONDAG 16 OKTOBER 2011

U luister na ZS6SRL, die amptelike radiostasie van die Suid-Afrikaanse Radioliga, die nasionale vereniging vir amateurradio in Suid-Afrika, met 'n nuusbulletin wat elke Sondag om 08:15 SAT in Afrikaans en om 08:30 SAT in Engels uitgesaai word. Oudio is ook beskikbaar via die internet by www.sarl.org.za. Klik op 'Amateur Radio Today' en volg die skakels soos aangedui. Let asseblief op: Vir oudio via Echolink, koppel met ZS0JPL-R.
Hierdie en vorige bulletins kan van www.sarl.org.za afgelaai word en u kan ook daar inteken om toekomstige bulletins per e-pos te ontvang.

U nuusleser is (naam en roepsein), op 145,725 MHz vanuit Pretoria, met herleidings op 7,066 en 3,695 MHz ESB. (Ander nuuslesers verander soos toepaslik.)

In die nuus vandag:

DIE OORSPRONKLIKE OSCAR 1 OPGEKNAP

'n GEVORDERDE LISENSIE -'n INTERESSANTE DEBAT

U luister na ZS6SRL. Bly ingeskakel vir meer besonderhede oor hierdie en ander belangrike en interessante nuusitems.

DIE OORSPRONKLIKE OSCAR 1 OPGEKNAP

Die AMSAT NA 2011 Ruimtesimposium sal op Vrydag, 4-6 November in San Jose, Kalifornië gehou word. Vanjaar se simposium val saam met die 50ste herdenking van OSCAR 1, die eerste amateurradiosatelliet. Die simposium sal voordragte oor amateursatelliete, operasionele tegnieke, nuus en planne vanaf die amateursatellietwêreld asook ‘n AMSAT algemene vergadering en ‘n vergadering van die Raad van direkteure van AMSAT insluit.

Terwyl die finale skedule nog uitgewerk word het AMSAT aangekondig dat Lance Ginner, K6GSJ, die spreker by die dinee sal wees. Ginner was behulpsaam met die bou en ontwikkeling van beide OSCAR 1 en OSCAR 2. Sy betrokkenheid met Amateurradio Ruimtetuig het ook voortgegaan met OSCAR 3, OSCAR 4, OSCAR 5 (die eerste vir die nuutgestigte “Radio Amateur Satellite Corporation” in 1970), OSCAR 6, OSCAR 7 en OSCAR 8.

ARRL-laboratorium se toetsingenieur Bob Allison, WB1GCM, sal ook praat by die simposium, vergesel van ‘n opgeknapte prototipe van OSCAR 1. Met hulp van Ginner en ander AMSAT-lede, Allison en W1WA se stasiebevelvoerder Joe Carcia, NJ1Q, is die prototipe opgeknap. Hulle het begin ploeter met die satelliet, een van drie wat gemaak is vir Projek OSCAR. Een van hierdie satelliete is in 1961 die ruimte in, een word vertoon by die Smithsonian Air and Space Museum in Washington, DC en die ander, tot onlangs, in ‘n vertoonkas in die onderste ingang van ARRL-hoofkantoor.

“ Ons wou dit regtig weer laat werk,” het Allison gesê. “Ons het dus in die Februarie 1962 uitgawe van QST gaan kyk wat destyds aan OSCAR 1 gewy is, die heel eerste amateurradiosatelliet wat die ruimte in gestuur is. Maar die kringdiagram wat ons gepubliseer het, het nie heeltemal ooreengekom met die wat ons gesien het toe ons die satelliet hier by Hoofkwartier oopgemaak het nie.”

Volgens Carcia en Allison kon dit wees dat destyds, gedurende die koue-oorlog en die ruimtewedren, die VS-militêr nie die regte diagram in verkeerde hande wou laat val nie. “Ek het dae deurgebring met komponente naspoor op die bord maar dit wou net nie werk nie” het Carcia gesê. “Ek het toe maar vir Lance Winner geskakel, een van die oorspronklike mense by projek OSCAR. Hy het gelag en gesê dat hy nie kon dink dat hulle dit sou doen nie, maar jy weet nooit nie”.

Na vele probeer en tref het Carcia OSCAR 1 gekry om ‘n sein op 145 MHz uit te saai, net soos die oorspronklike satelliet. Aangesien oorspronklike spesifieke wetenskaplike literatuur oor die satelliet nie beskikbaar was nie, het inligting uit die 1962 QST en CQ-artikels gehelp met die opknap van die sender in die ARRL-eenheid. Baie sorg is geneem om die oorspronklike onderdele te red, alhoewel die tyd sy tol geneem het by die meeste van die stroombaan. As sulks, al werk die sender, word die sleuteling van die sender gedoen deur PIC-bakensleuteling. Krag word verskaf vanaf ‘n standaard muurkubus wat 12 volt GS lewer.

Vir nadere besonderhede oor die AMSAT-ruimtesimposium, insluitend om aanlyn te registreer, besoek asseblief die AMSAT-ruimtesimposium se webblad by www.amsat.org.

'n GEVORDERDE LISENSIE -'n INTERESSANTE DEBAT

By die RTA-simposium wat verlede naweek in Gauteng gehou is, is die vraag "Indien Suid-Afrika 'n gevorderde lisensie kry, hoe moet dit lyk?" aktief bespreek deur die voorsitters en verteenwoordigers van verskeie Gautengse klubs en afgevaardigdes wat die RTA bygewoon het. Die konsensus was "ja", en die SARL behoort so 'n saak met OKOSA op te volg by die amateurradiosimposium vir OKOSA-personeel wat vir Februarie 2012 beplan word. Die bespreking het tot die slotsom gekom dat so 'n lisensie twee hoofdoelstellings moet navolg nl. om meer radioamateurs in tegnologie te betrek en kompetisie tussen radioamateurs in alle aspekte van die stokperdjie te stimuleer. Wat die vereistes vir so 'n lisensie sou wees het 'n wye reeks reaksies ontlok en sal sekerlik nog baie gedebatteer word. Daar is 'n redelike area van ooreenkoms dat dit 'n eksperimentele grondslag moet hê en nie bloot 'n akademiese eksamen moet behels nie.

ʼn Geredigeerde weergawe (sonder ʼn bespreking wat buite die onderwerp geval het) is beskikbaar op die web. Die SARL sal ʼn Integnet bespreking oor die onderwerp hou op Sondag 30 Oktober 2011 om 19:30. klubs wat nie tans hul herhaler koppel aan die telekonferensiebrug word uitgenooi om te begin reëlings tref.

NUUTSTE OOR SARL-WEBBLAD SE OPKNAPPING

Peter Hers rapporteer dat die hoofprobleem blykbaar tans intree nadat ‘n enkele fout voorgekom het en die transaksie gesluit word voordat al die huishoudelike funksies reg afgehandel is. Dit verhoed dat verdere funksies uitgevoer word met die gevolg dat die “ ASP 0113” afskakeling plaasvind. Die stelsel het dan tyd nodig om te herstel.

Tans word die werk daarop gemik om die stelsel te stabiliseer en dit sal voorrang geniet bo alle ander veranderings, opgraderings en regmaak van vorige foute. Goeie vordering is gemaak om te verseker dat die bediener reggestel is om ons web te bedien. Sekere afdelings van die web (bv. Ruilhoekie, QSL-stelsel) is tans tydelik buite werking gestel om die aantal foute, wat ‘n impak op beskikbaarheid maak, te verminder. Hulle sal herstel word sodra beskikbaarheid verbeter het.

Gebruikers sou opgelet het dat, wanneer dit reg werk, die reaksie vanaf die tuiste baie goed is. Die prosesseerder kan maklik die vrag hanteer en tipies loop dit teen minder as 5% gebruik. Bandwydte is genoeg en is nie onder ter enige tyd onder beperking nie. Die beskikbaarheid word op verskeie maniere nagegaan.

Peter het ‘n spesiale e-posadres daargestel om probleme te log. Indien jy ‘n ongewone probleem vind, stuur ASSEBLIEF ‘n e-pos aan sarlweb@peterhers.co.za. Ek skandeer die forum van tyd tot tyd om seker te maak dat dit korrek werk ingeval daar enige snaakse gedrag gerapporteer word, maar moet asseblief nie op die forum staatmaak om probleme te rapporteer nie. Daar is min waarde daarin om gedurig “ASP 0113 afskakelings” te rapporteer – ons is terdeë daarvan bewus deur stelsellogs. Tans voorsien ons geen groot veranderings nie, soos om te skuif na PRP-skrif, of ASP.net nie. Die koste maak dit nie vir die SARL lonend nie.

Laastens, onthou asb. dat elkeen wat aan die SARL-web werk is vrywilligers met ander werk, families en ander verantwoordelikhede en ook daar van hou om Amateurradio te speel. So, al die werk sal gedoen word wanneer tyd beskikbaar is.

KOMPETISIENUUS

Die laaste SARL QRP-snelloop vir die jaar vind plaas op 22 Oktober 2011. Die reëls kan in die "Blouboek" gevind word. Hierdie is 'n gulde geleentheid om jou mobiele of QRP-stel te toets. Laat ons 'n bietjie pret hê op die 22 Oktober.


SARL SE 80 m KLUBKOMPEISIE

Die vyfde been van hierdie kompetisie het plaasgevind op Woensdag 28 September met RTD- en PSK-aktiwiteit. Die komitee het ses logstate ontvang wat drie klubs verteenwoordig.

1ste Wesrand ARK, 324 punte met 4 logs
2de Sandton ARK, 9 punte met 1 log
3de Antieke Draadloosvereniging, 6 punte met 1 log

Na hierdie vyfde been is die volledige uitslae as volg:

1ste Wesrand ARK, 324 punte en 24 logs
2de Antieke Draadloosassosiasie, 61 punte en 7 logs
3de Bloemfontein RAK, 39 punte en 2 logs
4de Noordkaap ARK, 29 punte en 2 logs
5de Sasolburg ARK, 26 punte en 1 log
6de Sandton ARK, 18 punte en 2 logs
7de Port Elizabeth ARV, 17 punte en 1 log.

Die laaste kompetisie in hierdie reeks is 'n GG-kompetisie wat op Woensdag 30 November gehou sal word.

2011 SARL-BHF/UHF resultate vir die September been

Die volgende statistieke kan uit die logs wat ontvang is, verkry word. 5 logs is ontvang, 3 stasies het slegs analoog, terwyl 1 stasie analoog & digitaal, terwyl 1 stasie slegs digitaal gewerk het. Aan analoogkant was 82 stasies op 2 m, 6 op 4 m,26 op 6 m, 34 op 70 cm. Op die digitale kant was 6 stasies op FSK441 op 6 meter en 2 stasies op FSK441 op 4 meter.

Die resultate is as volg:-

Digitale kompetisie

1 ste Andre Botes, Z2ACP, 44 785 punte
2de Derek Gravett, ZS5Y, 19 954 punte

Analoogkompetisie

1 ste Wesrand ARK, ZS6WR, 48 070 punte
2 de Sasolburg ARK, ZS4SRK 31 225 punte
3 de Magalies ARK, ZS6MRK 12 879 punte

Langste afstand gewerk (km)

6 m – analoog 171 – digitaal 1 181
4 m – analoog 78 - digitaal 1 181
2 m – analoog 368 – digitaal 460
70 cm – analoog, 135
23 cm – analoog, 8

Resultate vir albei bene:-

Analoog
1 ste – Wesrand ARK, ZS6WR, 48 070 punte
2 de – Sasolburg ARK, ZS4SRK, 31 225 punte
3 de – Magalies ARK, ZS6MRK, 12 879 punte

Digitaal
1 ste – Andre Botes, ZS2ACP, 183 641 punte
2 de – Derek Gravett, ZS5Y, 163 177 Punte
3 de – Pierre van Deventer, ZS6A, 113 758 punte

Die volle resultate is op die Forum geplaas. Die resultate sal ook in HF Happenings wees.

Die gelukkige wenner van die trekking is ZS2ACP, Andre Botes.

HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die sonaktiwiteitsvlak laag is maar dat dit waarskynlik die stilte voor die storm is met so baie sonvlekke wat begin sigbaar word. Die nuutste sonvlek is 1320. Daar is tans tien sonvlekgroepe sigbaar waarvan verskeie C-klas fakkels produseer.

Vir diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings doen, is die verwagte effektiewe sonvlektelling vir die week ongeveer 80.

20 tot 10 m gaan pret wees met verskeie openinge gedurende die verloop van die dag.

Besoek gerus www.spaceweather.co.za vir meer inligting.

DAGBOEK VAN GEBEURE

15/16 Oktober - "Jamboree on the air".
20 Oktober –RA Eksamen.
22 Oktober –Laaste QRP-snelloop vir die jaar.
30 Oktober – Integnet om 19:30 oor gevorderde lisensie.
Tot 31 Oktober - ZL-stasies met ZM-voorvoegsels en ZL4RUGBY en ZL6RWC op die lug.
4/6 November – AMSAT NA se ruimtesimposium in San Jose, Kalifornië.
13 November – Pears HF-kompetisie 12:00 tot 16:00 UTC.
19/20 November – SARL-velddagkompetisie.
27 November – GG-been van 80 m klubkompetisie.
27 November – Digitale kompetisie.
30 November – Laaste dag vir insending van logstate vir PEARS HF DX_ekspedisie
31 Januarie 2012 – Sluitingsdatum vir insending van voorgestelde aanbiedings vir SA AMSAT se Ruimtesimposium.

SARLNUUS nooi klubs en individue om nuusbrokkies wat radioamateurs en kortgolfluisteraars sal geniet, in te stuur. Stuur dit - indien moontlik - in beide Engels en Afrikaans, na www.sarl.org.za/newsinbox.asp, nie later as die Donderdag voor uitsending nie.

Die SARL nooi u ook om te luister na die program Amateurradio VANDAG wat om 10:00 SAT op 145,750 MHz in die Pretoria-gebied uitgesaai word, met herleidings op 7 082, 7 205 (100 kW) en 17 760 kHz (250 kW en was 17 750 kHz). Daar is ook 'n potgooi-uitsending deur ZS6RO. Vir oudiostrome en Echolink deur ZS6FCS, besoek www.sarl.org.za, klik op 'Amateur Radio TODAY', gaan af op die groen kolom en klik op 'LISTEN ON THE WEB'. 'n Heruitsending vind Maandagaande om 16:30 UTC op 4 895 kHz (100 kW en was 3 230 kHz) plaas. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.

U het geluister na 'n bulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Gustav, ZS6BWN.

Dankie dat u geluister het, 73.

/EX


Ten einde u inskrywing op hierdie subskripsielys te verander of dit daarvan te verwyder, gaan na www.sarl.org.za/members/admin/maildat.asp.


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003